Welkom by Lofland en Loftjokkers!
Met groot opgewondenheid verwelkom ons julle by ons kinderbedienings, waar ons saam met kinders en kleuters op ’n geestelike reis gaan deur speel, leer en ontdek. Tydens ons Sondagbyeenkomste leer kinders deur Bybelverhale, kreatiewe aktiwiteite en speletjies van God se liefde, die Bybel en omgee vir ander. Lofland bied ook spesiale kuiergeleenthede en neem deel aan KidsGames, ’n Christelike vakansieprogram wat kinders op ’n prettige manier aan Bybelse waardes bekendstel. Ouers word deur afsonderlike WhatsApp-groepe op hoogte gehou van belangrike inligting en aktiwiteite.
Lofland en Loftjokkers is deel van NG Alberton Suid en maak staat op die liefde en ondersteuning van vrywilligers. Ouers en gemeentelede is welkom om te help met Sondagbyeenkomste, fotografie, sosiale media, lesvoorbereiding, uitstappies en spesiale geleenthede. Kontak gerus vir Rentia Human of Ciska Bezuidenhout indien jy betrokke wil raak.
Ons doel is om kinders te leer van liefde vir God, liefde vir die Bybel en liefde vir alle mense.
