Skip to content

’n Geloofsgemeenskap vir elke generasie

Ons kerk

Ons glo kerk is waar mense mekaar ontmoet, waar geloof geleef word en waar niemand alleen hoef te stap nie. By Alberton-Suid skep ons ruimte vir mense van alle ouderdomme en in verskillende seisoene van die lewe.

Leraars

Ds. Natalia Strydom

Ek is sedert 2012 in die bediening en dien vanaf 2018 as voltydse leraar by NG Alberton-Suid. My passie is gesinsbediening en leierskapontwikkeling. Ek het ’n hart vir mense en stap graag deur pastoraat saam met hulle op hul lewens- en geloofspad. Dit is vir my ’n groot vreugde om lidmate toe te rus en ruimte te skep waar hulle hul gawes en talente kan uitleef.

Saam met toegewyde leiers en ons jeugraad bedien ons kinders en jongmense deur Loftjokkers, Lofland en ICON. Ek bied die belydenisgroep aan en koördineer ons matriekbediening saam met ’n span. Ek koördineer ook ons gemeenskapsbediening en uitreike, en is betrokke by gemeenteaksies, fondsinsamelings en kerklike forums soos die kerkraad, ring en sinode.

Ek is getroud met Reuben en die ma van drie dogters. Kreatiwiteit is deel van wie ek is: ek geniet verskeie stokperdjies en bestuur ook my eie klein onderneming.

Ds. Johan Heyns

Ds. Johan Heyns was vanaf 1993 tot Mei 2018 die leraar by Klipriviersberg-gemeente in die suide van Johannesburg.  U as gemeente weet dat Alberton-Suid al vir baie jare ‘n pad stap met die Klipriviersberg-gemeente en dat daar nog steeds gehelp word, selfs na die ontbinding van daardie gemeente.  In Desember het ons gemeentelede weer eens kospakkies gaan uitdeel onder die gemeenskap en ons help ook maandeliks met sowat 20 sakke kruideniersware (Pak-‘n-Sak Projek).

Ds Heyns is in 1989 gelegitimeer as predikant nadat sy studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi is.  Benewens die opleiding as predikant is hy ook gekwalifiseer as trauma berader, mediator, die opstel van ouerskap planne, beradingsentrumbestuur, mentorskap en die afneem van persoonlikheidsanalises.  Hy is ook as spesialis berader geregistreer by die Suid Afrikaanse Assosiasie van Pastorale Beraders en tree op as supervisor vir jong beraders.

Ds Johan en sy vrou, Adèle is reeds 30 jaar getroud en woon reeds meer as 14 jaar in Alberton.  Hulle het twee volwasse kinders, Maryke (wat getroud is met Gerhard) en hul seun Adriaan.  Hulle het ook twee hondekinders en geniet dit om as gesin saam te kuier, of wanneer wegbreek moontlik is om na die berge, die wildtuin of die kus uit te wyk.  Ds Johan is lief vir fotografie en lees, as die tyd dit toelaat.

Ondersteuningspersoneel:

Finansiele beampte:

Daphne Meyer

Fasiliteitsbestuurder:

Angelo du Preez

Back To Top