Skip to content

Manne Bediening

Manne Bediening


In ons gejaagde wêreld is die uitdaging wat aan ons mans gestel word, besig om elke dag toe te neem.

Dit raak soms moeilik om die balans tussen eggenoot, pa, oupa, vriend en professionele mens te vind.

In hierdie gejaag is daar so min tyd om stil te word, om ‘n slag asem te skep, jou hart oop te maak en na God te luister.

Elke Donderdag om 06:00 het ons ‘n gebedsgeleentheid waar ons manne kan stil word,

onsself kan oopstel om na God, na mekaar en na ons eie harte te luister.

Tyd vir gebed, ‘n koppie koffie en mede-broers wat ondersteun is ons strewe.

Ek nooi jou uit om deel van hierdie bediening te word.

Waar ons as mans op ons knieë voor God stil word,

sal ons kan staande bly te midde van die

uitdagings wat die lewe aan ons stel.


Dit was voorwaar weer ‘n voorreg en inspirasie vanaand.

Wat vanaand se mannegroep vir my beteken het:

Wanneer elkeen van ons by ‘n vergadering ingaan is daar die kans

dat jy “getap” gaan word van jou energie. Met die manne Bybelstudie groep,

is daar so ‘n magdom van kennis, nee, wysheid, wat gedeel word

dat ek met elke geleentheid versterk word tydens die samekoms. 

Dis kort, kragtig, insiggewend en opreg. Ek waardeer die manne van Alberton Suid.

Dit voel regtig soos ‘n tuiste waar almal ewe belangrike lede van dieselfde Liggaam is.

Dankie vir ‘n awesome samekoms.

Indien jou las swaar voel of jy sommer net nuuskierig is,

kom skakel gerus in by die manne Bybelstudie groep.

Ek was verras oor hoe goed en vernuwe

Ek na die tyd gevoel het.

Johan Bezuidenhout

Read more

Jong Volwassenes

 Jong Volwassenes


Hitsklits bestaan uit ‘n dinamiese groep jong volwassenes (enkellopendes en paartjies).

As jy wonder of hierdie groep vir jou bedoel is, is dit heel moontlik ‘n aanduiding dat dit is!

Kom sluit by ons aan vir omgeegroep byeenkomste elke tweede week en informele kuiers.

Skakel gerus vir Marthin Ungerer vir meer inligting by  082 471 2360

Read more

Kids Games

Kids Games


Ons gemeente borg nou al twee jaar een van die Abraham Kriel huise om saam met die ander kinders te kom speel in die vakansie by Kidsgames.
Ons gebruik ook ons Snr Jeug as leiers by kidsgames.
Hierdie projek is gemik om kinders ‘n veilige, Christelike omgewing te bied in die Jun/Jul vakansie wanneer ouers steeds moet werk.

INLIGTING:

Ons gemeente het KidsGames in Alberton bekend gestel en bied die program al van 2005 aan.
Hierdie projek is daarop gemik om kinders ‘n veilige, Christelike omgewing te bied tydens die Jun/Jul vakansie wanneer ouers steeds moet werk. Die program is interdenominaal en word in Afrikaans en Engels aangebied.

KidsGames is a holiday program for Gr 1-7 children held in both Afrikaans and English. The program runs from 07:00 in the morning until 17:00. It involves sports, games and a Bible program.

HOE KAN EK HELP/BETROKKE RAAK?

Volwassenes:

Die program kan slegs moontlik gemaak word deur die hulp van vrywilligers. Daar moet daagliks etes voorberei word en middag aktiwiteite (crafts) aangebied word. Finansieële bydraes maak dit vir ons moontlik om behoeftige kinders te borg.

Tieners:

Tieners word as groepleiers opgelei. Hulle help daagliks met die leer en saamspeel van die klein groepies.

WEKE OM AANGEHOU WORD:

Besoek die kerk vir meer inligting.

KOSTE:

Koste per kind is afhanklik van die aantal weke

BORGSKAPPE BESKIKBAAR:

Registrasievorms kan afgelaai word vanaf ons Facebook-blad KidsGames Alberton

KONTAK INLIGTING:

Rentia: rentia@albertonsuid.com / 082 454 8033
“Like our Facebook-Page KidsGames Alberton”

Read more

Tutela Gesinsorg – Family Care Alberton

Tutela Gesinsorg – Family Care Alberton


Tutela Gesinsorg/Family Care Alberton kort jou hulp!

Ons wil graag vir elke kind die geleentheid bied om hul skooljaar ten volle te benut.

Maar skryfbehoeftes is duur vir ‘n gesin wat niks het nie.

Ons vra dat elkeen een of meer van die volgende items sal skenk:

  • Blou balpunt pen
  • Grys HB potlood
  • 12-pak inkleurpotlode
  • Liniaal
  • Skêr
  • Gom stok
  • Eksamenblok
  • 72bl skrifte
  • 12-pak vetkryte
  • Skooltas/rugsak
  • Inkleurkryt

Elke donasie maak ‘n verskil in ‘n kind se lewe, en gee hulle ‘n beter kans op die toekoms.

Donasies kan afgegee word by die kerk kantoor of by Tutela Alberton se kantoor.

Ander donasies is ook altyd welkom.

18 Lenin Straat, Raceview.

Kontak gerus vir Monique van Wyk vir enige verdere inligting:

011 907 2922

admin@cmralberton.org.za

Read more

Raak AKTIEF

Raak AKTIEF


Hierdie is ‘n ruimte vir enige persoon wat aktief wil raak, hetsy net vir lekker stap of fietsry in die buitelug, of ernstiger oefen vir wedlope/wedrenne.

Kom gesels vanoggend na die diens saam met ons in die moederskamer. Almal se insette (en deelname) is waardevol!

Read more

Snap Scan

Snap Scan


SnapScan is ‘n app waarmee u vinnig, maklik en veilig met u telefoon kan betaal. U SnapScan-app gebruik die kamera van u telefoon om ‘n SnapCode (‘n unieke QR-kode) te skandeer. Winkels het hul eie SnapCodes, en as u hierdie kodes skandeer, kan u dit betaal. SnapScan is gratis om te gebruik en werk met enige Suid-Afrikaanse bank en die meeste internasionale kredietkaarte. Ons scan-tot-betaal-funksie is beslis ons gewildste oplossing, maar ons ontwikkel in soveel meer omdat ons nie kan ophou om u lewens makliker te maak nie. Met SnapScan kan u vinnig betaal sonder om die kontant, kaarte of EFT’s te hanteer.

http://www.snapscan.co.za/

Stap 1. Snap.

Maak SnapScan en gebruik jou selfoon se kamera om te scan ‘n SnapCode vertoon by die afhandeling of op jou rekening.

Stap 2. Betaal.

Sleutel die bedrag wat jy wil betaal en bevestig betaling met jou 4-syfer PIN.

Stap 3. Go!

Dis dit. Jy’s klaar! Maak seker dat die handelaar het bewys van betaling ontvang.


Oor Ons

Ons kombineer die behendigheid en spoed van ‘n klein plaaslike begin met die bedryf kennis en ervaring van Standard Bank, grootste bank-Afrika se. As ‘n span, liefde vir wat ons die oplossing van moeilike probleme, veral wanneer dit kom by die maak van ‘n vinnige, maklike mobiele betalings moontlik!

Kenmerke

Of jy die eienaar van ‘n gevestigde winkel of jy nou ‘n klein ondernemer mark, ‘n diensmaatskappy stuur fakture per e-pos of SMS, of enige winkel met ‘n aanlyn winkel, ons het u gedek. Ons wil om jou te laat gebruikers betaal handelaars vir alles wat hulle nodig het.

Beskikbaarheid

Ons het meer as 20 000 handelaars en ‘n groot gebruiker netwerk regoor Suid-Afrika. Die app ondersteun kredietkaarte en mees debietkaarte vanaf ‘n plaaslike bank, asook 3D Secure-enabled internasionale bankkaarte.

Read more

PAK ‘n SAK

 PAK ‘n SAK


PAK EEN SAK KRUIDENIERSWARE EEN MAAL per maand en maak ‘n verskil in EEN gesin se lewe!!

DIE INHOUD @ ongeveer R200 (7 items)
· 1 x 1 kg Mieliemeel
· 1 x 1 kg Suiker
· 1 x 1 Liter lang lewe melk
· 1 x 1kg Rys
· 1 x Blikkie Boelie Bief OF 1 x 410g Blikkie Pilchards in tamatiesous
· 1 x 410g Blikkie tamatie en uie
· 1 x 410g Blikkie sousbone in tamatiesous

Dit is belangrik dat net dit wat op die lysie is in die SAK sal  wees asb

Pak-‘n-Sakke kan afgegee word by
KERKKANTOOR: Maandag tot Vrydag  9:00 – 13:00
KERK se VOORPORTAAL: Sondagoggend Eredienste

Ons doelwit is ±45 sakke per MAAND:

Ons help graag maandeliks
Die NG Kerk Klipriviersberg met die versorging van
±25 behoeftige gesinne vd gemeente  
Montanus & Suidheuwels Laerskole: Kospakkies vir ±20 Behoeftige gesinne gedurende skoolvakansie tye

JOU Pak-‘n-Sak SAL ‘n verskil maak!!!

Read more

Nuwe Lidmate

Nuwe Lidmate


Nuwe lidmate is baie, baie welkom in ons gemeente.

Indien u ‘n nuwe lidmaat in ons gemeente is, word u vriendelik versoek om ‘n vorm in te vul by die Kerkkantoor, of ‘n vorm hieronder af te laai, dit in te vul en by die Kerkkantoor in te handig.

Die Kerkkantoor personeel sal u besonderhede op ons lidmate register plaas en ook u attestate aanvra vanaf u vorige gemeente. Sodra u attestate ontvang is, sal u ‘n sms boodskap ontvang vanaf die Kerkkantoor. U sal ook gekontak word deur ‘n lid van ons Gasvryheidsbediening, wat u sal uitnooi na ‘n Nuwe Intrekkers Tee. Die leraar sal u ook kontak om by u te kom besoek aflê.

Indien u ‘n lidmaat van ‘n ander kerkgenootskap is, vul u ook die vorm in en handig dit in by die Kerkkantoor. Die leraar sal u kontak om ‘n gesprek met u te voer, waarna dit by die Kerkraad goedgekeur word.

Read more

Lief en Leed

Lief en Leed


Indien u weet van lidmate wat siek is of in die hospitaal is of voorbidding benodig, skakel asseblief die kerkkantoor 011 869 9700. 

U kan die kerkkantoor skakel vir enige bystand wat u verlang.
Daar sal steeds by die naam vir elkeen gebid word.

Kom ons bid vir:

HOSPITAAL
Bid vir lidmate, familielede van lidmate wat in die hospitale is.
Bid vir die hospitaalpersoneel wat hierdie mense versorg.

SIEKES
Bid vir mense wat tuis siek is of in versorgingsoorde is.
Naasbestaandes van siekes wat hulle versorg en ondersteun.

BEDROEFDES 
Bid vir mense wat deur trauma geraak is.
Mense wat getraumatiseerde persone ondersteun.

BEDROEFDES
Bid vir mense wat gelief

Read more

Musiek Groep

Musiek Groep


Dis ons voorreg om elke Sondag met die musiektalent wat ons van die Here ontvang het, die gemeente te help begelei tot ’n lewende ontmoeting met ons Here Jesus Christus.

In die musiek wat ons maak streef ons na ’n standaard van uitmuntendheid wat pas by die Koninkryk van God.  Ons streef dus daarna dat elke lied wat begelei of uitgevoer word smaakvol en stylvol sal wees. Dis vir ons belangrik om rekening te hou met elke lidmaat, oud en jonk, se smaak en voorkeur van aanbiddingstyl.

Ons maak nie net musiek nie, dis vir ons ’n bediening in die Here se Naam.  Daarom het ons ook met die jare gegroei in ons liefde en omgee vir mekaar as groep. 

As jy ’n passie het om Jesus deur lof en aanbidding te verheerlik en die talent het om musiek te maak, verwelkom ons jou graag by die musiekgroep.

Kontak asb die Sang- en Musiekeier; 082 343 8027

Read more
Back To Top